In lieu of an abstract, here is a brief excerpt of the content:

68 Die Vrede Gedig Ek wou jou dood hê: Kar pille Paal of val Kis as iets doods iets skadeloos ek wou jou moor my skedel oopbreek en jou met bewevingers glibberig uitvis op ‘n broodbord sit en platdonner met ‘n vleisklopper opsnipper met ‘n naelskêrtjie by die drein afspoel maar jy’s hard in my jy vlie en keer terug en ek is lam 69 lank kon ek soms jou kop borrelend onder water hou met my linkerhand terwyl die regterhand vir jou mooi briewe skryf van al die lekker dinge, dan pop jy skielik weer uit en ek: “los los los my!” soos ‘n dogtertjie in ‘n nagmerrie verstringel, of soos daai bloody ou Macbeth vrou met haar moordenaarsbloedkolletjie maar ek kan jou nóg jou dig nóg jou dans nóg jou bestaan belet kom vat my hand, ou kanniedood, ek maak vir jou plek. alleensaam met jou moet ek leer lewe. ...

Share